Wet wat krediet reguleer sal verwelkom word

Reaksie word ontvang op die nuus dat Namfisa ‘n wetsontwerp op verbruikerskrediet wil skep. Daar is gevalle van uitbuiting, veral deur mikroleners, van verbruikers in die verband. Die wetsontwerp sal toelaat dat daar regulering en toesig oor dienste wat deur kredietverskaffers, kredietburo’s en skuldinvorderaars verskaf word, toegepas word. Dit sal ook die minister en verbruikerskredietreguleerders bemagtig om regulasies en standaarde daar te stel vir die behoorlike implementering van die wetsontwerp. Kosmos 94.1 Nuus het met Dimbulukeni Nauyoma, aktivis van Social Justice, gesels.