Navalny verskyn weer, op ‘n nuwe klag, in strafkolonie-tronk
Russiese opposisieleier, Alexei Navalny, het vanoggend weer in die hof verskyn op nuwe aanklagte van ekstremisme wat sy tronkstraf met dekades kan verleng. Die verhoor het plaasgevind by die IK-6-strafkolonie in Melekhovo, sowat 235 kilometer oos van Moskou, waar Navalny reeds vonnisse van altesaam net meer as 11 jaar uitdien. ’n Inskrywing in die hofrekord verlede maand toon die nuwe aanklagte hou verband met ses verskillende artikels van die Russiese kriminele kode, insluitend die aanhitsing en finansiering van ekstremistiese aktiwiteite en die skep van ’n ekstremistiese organisasie.