Slagsyfers neem met 35% toe in Mei

Die Namibiese Vleisraad sê slagsyfers by uitvoer abattoirs het in Mei met amper 35 persent toegeneem terwyl amper 15 persent minder diere uitgevoer is. In April is net meer as 13 100 diere, meeste speenkalwers, uitgevoer teenoor net meer as 11 100 in Mei. Suid-Afrika se voerkrale ervaar op die oomblik druk as gevolg van die bek-en-klouseer kwessie in die buurland. Volgens die Vleisraad is die hoë verslagtingsyfer, op meer as 10 700 diere, aangedryf deur die dreigende droogte sowel as goeie slagpryse. Veilingspryse is op die oomblik uiters laag en sal volgens die raad voortduur tot ten minste Julie as gevolg van die ooraanbod.