Virgin Galactic: Eerste kommersiële vlug die maand
Richard Branson se ruimte-toerismemaatskappy, Virgin Galactic, sê hy sal vóór die einde van die maand sy eerste kommersiële vlug na die ruimte onderneem. Dié vlug van Galactic 01 sal ‘n wetenskaplike navorsingssending wees, met drie bemanningslede van die Italiaanse Lugmag en die Nasionale Navorsingsraad van Italië wat mikro-swaartekragnavorsing sal doen. In Mei het Virgin Orbit, ‘n onafhanklike ruimtefirma van die Britse miljardêr, gesluit, maande nadat ‘n sending misluk het. Virgin Galactic sê hy sal nou maandeliks ruimtevlugte doen.