Oorlog in die Oekraïne het reuse-impak op Afrika, sê Cyril

President Cyril Ramaphosa het aan sy Russiese eweknie Vladimir Putin gesê die konflik in die Oekraïne moet stop. Ramaphosa sê al die leiers in die afvaardiging na Oekraïne en Rusland wil hê die oorlog moet deur onderhandelings en diplomatieke middele besleg word. Hy het die negatiewe uitwerking van die konflik op Afrika beklemtoon:

Russiese minister van buitelandse sake Sergei Lavrov het na die vergadering gesê die Afrika-vredesplan sal moeilik wees om te implementeer.