Bewyse dat Rusland Kakhovka-dam vernietig het
Bewyse dui daarop dat die vernietiging van die Kakhovka-dam in ‘n Russies-beheerde gebied van die Oekraïne die gevolg is van ‘n ontploffing wat deur Rusland veroorsaak is. Die New York Times sê, met verwysing na ingenieurs en plofstofkundiges, sy ondersoek het bewyse gevind wat daarop dui dat plofstof in ‘n gang wat deur die dam se betonbasis loop, geplaas is en opgeblaas is en die struktuur op 6 Junie vernietig het. Die dam was onder Russiese beheer. Die Kremlin beskuldig Kiëf daarvan dat hy die hidroëlektriese dam gesaboteer het om ‘n belangrike bron van water vir die Krim af te sny en die aandag af te lei van sy “wankelende” teenoffensief teen Russiese magte.