Zim-opposisie betreur US$20 000 registrasie-fooi vir verkiesing

Die Zimbabwiese opposisieparty het sy reaksie gegee op die reuse-fooi van 20 000 Amerikaanse dollar vir kandidate om op die presidensiële stembrief te kom, sowel as 1 000 Amerikaanse dollar om aan die parlementêre verkiesings deel te neem. Die fooi is 20 keer meer as die fooie van 2018. Die buurland hou sy presidensiële en parlementêre verkiesing op 23 Augustus, te midde van ‘n reuse-ekonomiese krisis. Tendai Biti, die adjunk-leier van die opposisieparty Citizens Coalition for Change, het sy ontevredenheid oor die kwessie aan Kosmos 94.1 Nuus uitgespreek…