Curriebeker: Pumas v Cheetahs in finaal
Die Pumas kry Saterdag ‘n geleentheid om hulle Curriebeker-titel in Bloemfontein te verdedig nadat hulle in Durban moedig uitgehou het en net-net met 26-20 oor die Sharks geseëvier het. Die Pumas, wat vier drieë teen net twee van die Haaie gedruk het, sal die Cheetahs in die eindstryd pak. Die Vrystaatse span het die voordeel van ‘n tuiswedstryd, nadat hulle die Bulle met 39-10 in Bloemfontein afgeransel het. Ruan Pienaar het 22 van die Cheetahs se punte met sy skopskoen aangeteken.