Curriebeker: Halfeindstryde vanmiddag in Bloem, Durban

Twee spannende Curriebeker-halfeindstryde word vanmiddag in Bloemfontein en Durban verwag. Die Cheetahs het die ligafase bo-aan die punteleer afgesluit en sal om drie-uur gasheer wees vir die Bulle. Hulle het die span van Pretoria twee keer gedurende die seisoen geklop, maar kenners sê die Bulle kan dalk ‘n opskudding in Bloemfontein veroorsaak. Later pak die Sharks en die verdedigende kampioene, die Pumas, mekaar in Durban. Die Haaie het verlede week ‘n eerste plek ingeboet met ‘n groot nederlaag teen die Westelike Provinsie.