Sokker: Banyana Banyana-oudkaptein beseer
Sokker: Die voormalige Banyana Banyana-kaptein Janine van Wyk sal nie vir Suid-Afrika speel in die Vroue-Wêreldbeker-toernooi wat in Julie in Australië en Nieu-Seeland begin nie. Die afrigter van die nasionale span, Desiree Ellis, sê die 36-jarige Van Wyk het haar ingelig sy is beseer en nie op haar beste om deel te wees van die finale groep wat later die maand aangekondig word nie. Die veteraan-verdediger het Suid-Afrika verteenwoordig in 183 wedstryde sedert sy haar debuut vir Banyana in 2005 gemaak het, en 12 doele aangeteken.