Calle kuier in Kaïro oor water

Die Namibiese landbouminister Calle Schlettwein, woon die 13de Gewone Sitting van die Algemene Vergadering van die Afrika Ministersraad oor Water in Kaïro, Egipte, by. Die sessie sal die implementering van die besluite en intervensies van die Afrika-waterministers se forum oorweeg. Daar sal ook ondersoek ingestel word na die voorbereidings vir die ontwikkeling van die Afrika-watervisie na 2025. Kosmos 94.1 Nuus het met Jona Musheko, woordvoerder by die ministerie gesels.