NSFAF sê amper 3 000 studente het nog nie registrasie-bewys gegee nie

Die sperdatum van einde Junie wat deur die Namibiese studente-hulpfonds daargestel is om alle fondse aan begunstigdes van die lenings uit te betaal kom al nader maar, daar is uitdagings omdat van die studente nog nie hulle kontrakte voltooi het nie. Maar, volgens die Affirmative Repositioning-beweging is die fonds nie eerlik nie omdat daar steeds studente is wat nog nie hul kontrakte ontvang het nie. Die fonds sê van die net meer as 22 100 studente wat beurse ontvang het is net meer as 19 200 kontrakte uitgereik maar, net minder as 16 700 is geteken en ingedien. Daar is ook 2 935 studente wat beurse ontvang het wat nog nie hul huidige akademiese jaar se registrasie-bewys ingedien het nie. Die beweging het die fonds twee weke gegee om alle betalings te maak, ook die wat uitstaande is sedert 2019.