Ngurare sê Ohangwena-akwifer word reeds benut
Die adjunk-uitvoerende direkteur in die landbouministerie, dr. Elijah Ngurare sê water word uit die Ohangwena-akwifer benut. Die akwifer is reus met ongeveer 5 miljard kubieke meter en is in die Noorde, deur na die grens met Angola. Dit is ‘n varswaterbron maar, is geskei van die souterige water wat bo lê, met ‘n dun rotslaag. Volgens Ngurare, is 11 produksieboorgate reeds in die akwifer geboor, wat kompleks is, en pyplyne is in ‘n radius van 10 kilometer by elke boorgat reeds neergelê. Nog drie boorgate word beplan en die gate is so diep, elk kos ‘n beraamde 1,3 miljoen Namibiese dollar.