Gewilde skrywer stel publisering van boek weens Rusland uit

Die gewilde skrywer, Elizabeth Gilbert, het op haar sosiale media bekend gemaak dat sy die publisering van haar jongste boek, The Snow Forest, onvoorwaardelik uitstel. Die nuwe boek speel af in Siberië. Volgens Gilbert het baie van haar lesers en ondersteuners ontevredenheid uitgespreek oor die boek in Rusland afspeel, juis teen die agtergrond van die Russiese inval van Oekraïne. Die skrywer van boeke soos Eat, Pray Love en The Signature of All Things, sê sy het gevolglik besluit dat dit nie nou die regte tyd is om die boek uit te reik nie. Volgens Gilbert sal sy nou eers op ander projekte fokus.