Rugby: Rassie Erasmus bly liewer stil oor Sexton se tirade teenoor Peyper

Rugby: Rassie Erasmus sê hy sê liefs niks oor die drama rondom Johnny Sexton nie. Die beseerde kaptein van Leinster is van wangedrag aangekla na ʼn woordevloed teenoor die Suid-Afrikaanse skeidsregter, Jaco Peyper, nadat La Rochelle sy span in die eindstryd van die Kampioenebeker getroef het. Erasmus, SA Rugby se direkteur, het reeds ‘n lang skorsing uitgedien weens kritiek op wedstryd-beamptes tydens die Springbokke se reeks teen die Britse en Ierse Leeus in 2021. Hy sê hy het moeite gedoen om Suid-Afrika se verhouding met Wêreldrugby te verbeter.