DA in Vrystaat maak voorstelle oor tariewe

Die DA in die Vrystaat het verskeie sleutel-voorstelle gemaak oor die tariewe wat in die Mangaung Metro se konsep-begroting uiteengesit word. Die party pleit vir ‘n nul-persentasie verhoging in eiendomsbelasting, in ag genome die dubbele verhogings wat verlede jaar op tariewe en die waardasielys opgelê is. Die DA-lid, Dulandi Leech, sê die party stel ‘n elektrisiteits-verhoging van agt persent voor, oor die aansienlik hoër voorgestelde verhoging van 15 persent deur Nersa en die blok-tariefverhoging.