Watts groet uit hospitaalbed, met kanker gediagnoseer
Die bekende Derek Watts gaan terugtree van sy werk om op sy gesondheid te fokus. Die legendariese Carte Blanche-aanbieder het bekend gemaak dat hy verlede jaar met velkanker gediagnoseer is wat na sy longe versprei het. Hy kry tans behandeling. Watts was sedert Carte Blanche in 1988 van stapel gestuur is, werksaam by die program. Hy het vanuit die hospitaal ‘n boodskap aan sy span, en Carte Blanche se kykers gestuur.