DA gekant teen Wetsontwerp op Nasionale Gesondheidsversekering
Die DA doen ‘n beroep op President Cyril Ramaphosa om nie die Wetsontwerp op Nasionale Gesondheidsversekering te onderteken wanneer dit op sy lessenaar beland nie. ANC-lede van die parlementêre portefeuljekomitee op gesondheid het onlangs ten gunste van die wetsontwerp gestem. Die DA sê dit het gebeur ondanks oorweldigende beswaar, kommer en vrae wat geopper is deur sommige opposisiepartye, gesondheidsbelanghebbers en selfs ‘n negatiewe regsmening deur die onafhanklike Parlementêre Regsdienste. Michele Clarke van die DA sê Ramaphosa se besluit sal óf die lewens van Suid-Afrikaners red, óf dit vernietig.