Streng borgtogvoorwaardes vir Marén de KlerkJune 9, 2023
Streng borgtogvoorwaardes is aan die omstrede prokureur Marén de Klerk in die Paarl-landdroshof in die Wes-Kaap gestel, nadat hy vandag op borg van 50 000 Namibiese dollar vrygelaat is. Die voorwaardes sluit in dat hy sy Namibiese en Suid-Afrikaanse paspoorte inhandig, nie vir enige reisdokument mag aansoek doen nie, daagliks by die polisiestasie moet aanmeld en vanaf agt-uur saans tot sewe-uur soggens tot sy huis beperk. De Klerk, wat met die Fishrot-saak verbind word, het dubbele burgerskap van Namibië en Suid-Afrika. Sy uitleweringsverhoor is neergelê vir 26 September.