Britse kleuter onder die sterftes by Annecy

Die Britse regering het bevestig ‘n Britse kind is onder vier kinders wat lewensbedreigende beserings opgedoen het tydens ‘n aanval in ‘n speelterrein in Annecy in die suidooste van Frankryk. ‘n Agt-en-sewentigjarige man en nog ‘n volwassene is ook gewond. ‘n Een-en-dertigjarige man wat geïdentifiseer is as ‘n Siriese burger met permanente verblyfreg in Frankryk, is in hegtenis geneem in verband met die aanval. Hy het Sweedse identiteitsdokumente en ‘n Sweedse rybewys by hom gehad. Franse owerhede vermoed nie in dié stadium ‘n terreur-motief nie.