Oopsie, N$3m weg by August 26 Holdings

Die kommersiële vertakking van die Namibiese-weermag August 26 Holdings sê hy het sy besturende direkteur en hoof finansiële beampte met onmiddellike effek geskors. Dit volg na 3 miljoen Namibiese dollar by die maatskappy, wat weier om rekenskap te doen oor sy besteding, al is dit staatsfondse, weggeraak het. Maar, volgens berigte is die skorsings ‘n afleidingstegniek. New Era berig dat August 26 ook sy visier op die adjunk direkteur in die ministerie van verdediging, Petrus Nathinge, wat ook die voorsitter van August 26 Logistics se raad is, het. Die maatskappy sê hy win regsadvies in om stappe teen Nathinge te neem. ‘n Onafhanklike ondersoeker is reeds aangestel en geen verdere kommentaar sal oor die aangeleentheid gelewer word nie.