Nova Kakhovka-dam: 42 000 mense deur vloedwaters geraak

Die Oekraïnse regering het amptelik bevestig ongeveer 42 000 mense word regstreeks geraak deur vloedwater nadat die Nova Kakhovka-dam meegegee het. Honderde-duisende burgerlikes is ontwortel en kan sonder toegang tot drinkwater wees. President Volodimir Zelenski het die voorval veroordeel en beskryf as ‘n daad van oorlogstydse sabotasie en ‘n omgewingsbom van massa-vernietiging. Oekraïne en Rusland gee mekaar die skuld dat hulle die dam doelbewus vernietig het. Die Geneefse Konvensie verbied dit om damme tydens oorloë te teiken.