Skuldigbevindinge in Wes-Kaap daal met 15%

In Wes-Kaap het in die vyf boekjare tussen 2016 en 2021 die skuldigbevindingsyfer vir alle misdade met 15 persent gedaal. Die syfer wat in 2016 op 40 persent gestaan het, is tans 25 persent. In 2016 het byna 77 000 uit die meer as 193 000 nuwe sake wat by distrikshowe voorgekom het, tot skuldigbevindings gelei. Die DA se woordvoerder vir gemeenskapsveiligheid, Reagen Allen, sê uit die byna 101 000 nuwe sake wat die afgelope boekjaar voorgekom het, het net sowat 24 000 op ‘n skuldigbevinding uitgeloop.