Rahm meen LIV-spelers moet by Ryder toegelaat word

Die tweemalige major-wenner Jon Rahm meen LIV-gholfspelers moet toegelaat word om later vanjaar in die Ryderbeker te speel. Spelers wat hulle aan die DP World Tour onttrek het om aan die Saoedi-befondsde LIV-toer deel te neem, kom nie in aanmerking vir die Europese span vir die tweejaarlikse kompetisie nie. Dit sluit mense in soos Europa se grootste Ryder-puntemaker van alle tye, Sergio Garcia, asook Ian Poulter, Henrik Stenson en Lee Westwood. Rahm sê dit is tragies dat politiek in die pad staan van so ‘n besonderse kompetisie: