Misdaad by Gauteng se onderwyspersele wek kommer

Die DA sê die misdaadstatistiek vir die vierde kwartaal van 2022-23 wys daar is min bereik om leerders teen geweldsmisdaad te beskerm. Tussen Januarie en Maart vanjaar is agt moorde gepleeg terwyl daar 14 gevalle van poging tot moord en 84 verkragtings was op die persele van onderwysinstellings wat dagsorgsentrums en universiteite insluit. Daar was 238 voorvalle van aanranding en ernstige beserings. Marina van Zyl van die DA sê onderwysinstellings moet veilige hawens wees vir leerders en personeel, en nie misdaadtonele nie: