Nampol ondersoek nog… skietery op Okh, Shikongo-ongeluk

Die ondersoek na die skietery op Okahandja waar vyf vermeende rowers deur lede van Nampol en die Windhoek Stadspolisie op 25 April vanjaar doodgeskiet is, word steeds ondersoek. So ook, die noodlottige ongeluk waarby die polisiehoof, luitenant-generaal Joseph Shikongo verlede jaar in Desember betrokke was en waar drie mense dood is. Die polisie se adjunkhoof, Elias Mutota, het aan plaaslike media bevestig dat die interne ondersoek na die lede, wat van moord na die gebeure op Okahandja aangekla is, voortduur. Daar is ook geen inligting oor die sesde verdagte wat daarin geslaag het om die toneel te vlug nie. Die vyf vermeende rowers het gesamentlik 24 hangende kriminele sake teen hulle gehad, onder andere van poging tot moord en gewapende roof.