Ondersoek na Mkhwebane moet opgeskort word

Die African Transformation Movement sê die speaker van die Nasionale Vergadering, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, moet die Artikel 194-ondersoek teen die geskorste Openbare Beskermer, Busisiwe Mkhwebane, opskort sodat die nodige ondersoeke eers afgehandel kan word. Dit volg op bewerings dat drie senior ANC-LP’s, insluitende die komitee se voorsitter, Qubudile Dyantyi, omkoopgeld van 600 000 Suid-Afrikaanse rand by Mkhwebane wou hê in ruil vir ‘n regverdige verhoor. ʼn Woordvoerder van party, Zama Ntshona, sê hulle kan nie normaalweg voortgaan met sulke ernstige bewerings wat oor die LP’s se koppe hang nie: