Gauteng se Onderwysdepartement moet sekuriteit by skole verskerp

Die DA in Gauteng eis dat die provinsiale Departement van Onderwys die skoolveiligheidsplan hersien om die veiligheid van leerders en onderwysers buite die skoolterrein te verseker. Dit volg op die toenemende getal aanvalle en moorde op onderwysers en leerders regoor die provinsie. Khume Ramulifho van die DA sê in die jongste voorval is die 17-jarige Palesa Malatjie van die Ntsako Secondary School in Soshanguve naby haar skool gewelddadig verkrag en vermoor: