Aanlyn swendelaars teiken kopers van hondjies

Namibiërs en Suid-Afrikaners word gewaarsku oor die toename in aanlyn swendelary met hondjies wat slagoffers heelwat geld kan kos. In een geval het ʼn slagoffer meer as 300 000 Namibese dollar verloor toe hy ʼn goue apporteerhond of te wel golden retriever aanlyn wou koop. Kenners het hierdie swendelary geïdentifiseer as die werk van internasionale georganiseerde misdaadgroepe. Die Honde-unie van Suider-Afrika bevestig hulle ontvang daagliks klagtes omdat swendelaars hul handelsmerk misbruik. Diegene wat geflous is, word versoek om die voorvalle as kubermisdaadsake by die polisie aan te meld vir verdere ondersoek.