Rugby: Stormers staan voor grootste uitdaging

Rugby: Nie die Stormers se kaptein, óf die span se afrigter het die belangrikheid van vanaand se Verenigde Rugbykampioenskap-eindstryd teen Munster in Kaapstad probeer afmaak nie. Kaptein Steven Kitshoff en afrigter John Dobson is eenparig dat die span voor hulle gróótste uitdaging tot nog toe, staan. Kitshoff is al meer as ‘n dekade lank deel van die span en sê hy kan nie aan ‘n belangriker wedstryd dink nie. Die kragmeting skop sewe-uur vanaand af.