Stad Windhoek maan inwoners teen bedrogspul
Stad Windhoek word ook nou deur swendelaars geteiken. Sy kliëntediens-sentrum het oproepe ontvang van inwoners wat navraag doen oor ‘n kommissaris van die Windhoekse stadspolisie wat eis dat inwoners hul betalings op hul rekeninge via die E-wallet-betalingstelsel moet maak. Inwoners word glo met arrestasie gedreig as hulle nie gehoor gee nie. Die stad se skakelbeampte Celie Kapolo sê aan Kosmos 94.1 Nuus Windhoekers moenie vir hierdie bedrogspul val nie.