Vier dood in aanval op VSA konvooi in Nigerië

Die polisie in Nigerië sê vier mense is dood nadat gewapende aanvallers ‘n Amerikaanse konvooi in die suidoostelike Anambra-staat aangeval het. Die slagoffers sluit volgens berigte twee personeellede van die Amerikaanse konsulaat en twee polisiebeamptes in. Nog drie mense is ontvoer voordat hulle voertuig aan die brand gesteek is. ‘n Reddingsoperasie is tans aan die gang. Die Withuis in Amerika het sê dat geen Amerikaanse burgers tydens die voorval beseer is nie.