Sokker: Man City is vanaand gasheer vir Real Madrid
Sokker: Manchester City is vanaand gasheer vir Real Madrid wanneer hulle sake uitspook vir ʼn plek in die eindstryd van die Kampioeneliga. Die eerste ronde tussen die Europese reuse het in Madrid een-elk gelykop geëindig. Die wenner kom op 10 Junie in Istanbul teen Inter Milan te staan nadat Inter ʼn ander Italiaanse span, AC Milan, verslaan het. City se bestuurder, Pep Guardiola, sê dis ʼn voorreg om vir ʼn plek in die eindstryd te speel.