LPM se Labuschagne gesels oor sy planne

Die Landless People’s Movement het beheer oor die Keetmanshoop Landelike kiesafdeling herwin met die naweek se tussenverkiesing. Die party se kandidaat Willem Labuschagne het 1 270 uit 2 912 stemme op hom verenig. Kosmos 94.1 Nuus het met Labuschagne gesels oor sy planne, veral omdat die gebied sukkel met werkloosheid en min geleenthede.