Gordhan sê daar’s ‘n verband tussen korrupsie, sabotasie en beurtkrag
Die buurland se minister van openbare ondernemings, Pravin Gordhan, sê daar bestaan geen twyfel oor ‘n verband tussen korrupsie, sabotasie en beurtkrag nie. Hy verskyn voor die parlement se staande komitee oor Openbare Rekeninge om getuienis te lewer oor beweerde korrupsie by Eskom. Die komitee wil weet wat gedoen is aan bewerings wat die voormalige uitvoerende hoof, André de Ruyter, gemaak het. Gordhan het onthul De Ruyter het met ‘n privaat ondersoek begin ses maande voordat hy hom daaroor ingelig het: