London Irish kry sperdatum oor verkoop
Engeland se beheerliggaam, die RVU, het London Irish tot die einde van die maand tyd gegee om ʼn oorname af te handel of gevaar te loop om uit die Premierliga geskors te word. Die klub onderhandel met ʼn Amerikaanse konsortium om hom oor te neem, maar daar is nog geen ooreenkoms nie. Die unie vereis die versekering London Irish sal aan die 2023/24-seisoen kan deelneem en dit voltooi. Die klub skuld glo meer as 720 miljoen Namibiese dollar. Twee ander klubs, Wasps en Worcester, is reeds weens finansiële probleme geskors.