G7 sal eerste Rusland se aanspreeklikheid bespreek
Die Europese Kommissie se president, Ursula von der Leyen, sê Rusland se aanspreeklikheid vir die misdaad van aggressie was ‘n belangrike onderwerp op die eerste dag van die G7-beraad wat tans in Japan gehou word. Oekraïne, wat deur verskeie lidlande ondersteun word, het gevra dat ‘n spesiale tribunaal president Vladimir Putin vir die misdaad van aggressie verhoor. Die Internasionale Strafhof het ‘n lasbrief vir Putin en ander senior Russiese amptenare se inhegtenisneming uitgereik oor die ontvoering van Oekraïnse kinders. Von der Leyen sê verdere sanksies teen Moskou sal binnekort aangekondig word.