Plastiekbesoedeling kan met 80% daal indien…
Plastiekbesoedeling kan teen 2040 met 80 persent afneem as regerings en maatskappye beskikbare tegnologie gebruik om beleid en mark-aanpassings te doen. Dit is die boodskap van die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, António Guterres. ’n VN-verslag wat vrygestel is onder die titel, Turning off the Tap: How the world can end plastic pollution and create a circular economy, stel ’n stelselverandering voor om die oorsake van plastiekbesoedeling aan te spreek. Guterres sê dis noodsaaklik om hergebruik, herwinning en diversifisering te versnel, en teen die gevolge van plastiekbesoedeling op te tree.