Sonder groei kan munisipale rekeninge nie betaal word nie

Die Okahandja-munisipaliteit bly in die nuus met betoging ná betoging. Die afgelope weke en maande het die inwoners van die dorp bly betoog vir grond-toekennings. Die jongste nuus is dat die munisipaliteit deur die skuldinvorderaars Red Force eis dat die inwoners hul uitstaande water-rekeninge betaal. Dit is iets wat nie die meeste van die inwoners geval nie, veral dié in die informele nedersettings. Plaaslike aktivis Sydney Gariseb het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dit is onmoontlik vir die inwoners om hul rekeninge te betaal sonder werksgeleenthede in die dorp…