Botswana in- en uitvoere sal reuse-hupstoot vir TransNamib wees

Die woordvoerder van TransNamib Abigail Raubenheimer sê die omgewingsimpak-studie vir die opknapping van die spoor-gedeelte wat hy nou by Sea Rail Botswana huur is reeds ingedien by die nodige owerhede. Daar word beraam dat die begin van die multimiljard-dollar Trans-Kalahari spoorwegprojek ‘n reuse-hupstoot aan die beleërde vervoermaatskappy sal gee omdat wanneer die lyn opgeknap is, sal die vervoer van steenkool van die buurland tot by Namport begin. Gepaard met die droë-hawe fasiliteit by Gobabis sal Botswana se invoere en uitvoere deur Namport en TransNamib vervoer word. Raubenheimer gesels met Kosmos 94.1 Nuus.