VN: Sirië laat toegang toe by grensposte na Turkye
Die Verenigde Nasies het aangekondig Sirië het toegang, deur twee grensposte vir humanitêre bystand na die dele van Turkye wat deur die aardbewing getref is en deur rebelle beheer word, vir drie maande verleng. Sirië se minister van buitelandse sake het die besluit oorgedra, oor die gebruik van die Al Ra’ee en Bab Al-Salam-deurgange. Die Siriërs wat geraak is deur die aardbeweing van 6 Februarie, waarin meer as 55 000 mense in hulle land en in Turkye dood is, maak staat op die grensposte vir die aflewering van lewensnoodsaaklike humanitêre besendings. Amnestie Internasionaal maan die lewens van vier miljoen mense is in gevaar as die humanitêre hulp gestaak word.