Van Kent: Namibiese universiteite is beroepsgerig

Namibiërs voer tans ‘n debat op sosiale media oor hoeveel gegradueerdes tans op straat is, omdat die land nie werksgeleenthede het nie. Sommige sê dit is omdat die studente ‘n kursus studeer het wat hulle nie toelaat om werk in die land te kry nie. Daar is menings dat die rede waarom Namibië ‘n krisis met jeugwerkloosheid het, is omdat studente na universiteite gaan en kursusse studeer wat nie ‘n arbeidsmark het nie. Dr. Alfred van Kent, uitvoerende direkteur by die ministerie van hoër onderwys, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê hy stem nie saam nie.