Zelensky ontmoet pous Franciskus

Die President van Oekraïne Volodimir Zelensky het tydens ‘n besoek aan Rome pous Franciskus ontmoet. Berlyn het terselfdertyd ‘n reuse- nuwe wapenpakket ter waarde van ongeveer 21 miljard Namibiese dollar aangekondig voor ‘n verwagte teen-offensief deur Oekraïne. Zelensky het na wat berig word 40 minute saam met die 86-jarige pous deurgebring. Hy het vroeër die Italiaanse eerste minister Giorgia Meloni ontmoet, wat Oekraïne sterk steun, sedert Rusland se inval in Februarie 2022. Zelensky sê hy en pous Franciskus het die lot bespreek van tien-duisende kinders wat na Rusland deporteer is, sowel as sy planne vir vrede.