Top-10 finaliste van Mej. Namibië aangewys, reëls onveranderd
Die top-tien finaliste van die Mej. Namibië 2023 is Saterdagaand in Windhoek aangekondig. Die wenner wat op 8 Julie op Swakopmund gekroon sal word, sal aan die Mej. Heelal-kompetisie deelneem. ‘n Storm het egter losgebars nadat Mej. Heelal aangekondig het dat getroude, geskeide en transgender vroue en ma’s nou toegelaat sal word om aan die skoonheidskompetisie deel te neem. Die verandering maak die deur oop vir elke land se plaaslike kompetisie, soos Mej. Namibië, om ook hul reëls aan te pas. Die uitvoerende hoof van Mej. Namibië-kompetisie, Umbi Karuaihe-Upi het met Kosmos 94.1 Nuus oor die huidige reëls gesels.