Vreemde diefstalsaak wat N$6m uit ‘n motor beweer
‘n Vreemde diefstal het volgens wat berig word op Oshakati voorgekom. Die sakeman, Shamil Dirk, wat ‘n vervoermaatskappy het, is blykbaar van 6 miljoen Namibiese dollar in kontant, uit sy voertuig, by sy huis beroof. Daar word berig dat die diefstal tussen 30 en 31 Maart plaasgevind het en die Oshana-polisiewoordvoerder inspekteur Thomas Aiyambo sê die roof is nie bekend gemaak nie omdat hulle nie ingelig is nie. Maar, plaaslike media sê daar is op 2 April ‘n saak by die Ongwediva polisiestasie gemaak. Drie verdagtes het blykbaar ook reeds in die hof verskyn en sal weer volgende week voor kom. Daar is ook verskillende syfers wat by die polisie aangemeld is, 800 000 dollar en dan die 6 miljoen dollar.