Betogings in Pakistanse oor Khan se arrestasie
Die polisie in Pakistan het honderde ondersteuners van die voormalige Pakistanse eerste minister en krieketheld, Imran Khan, in verskeie stede in hegtenis geneem toe betogings oor sy arrestasie gewelddadig geraak het. Meer as 900 ondersteuners is in die Punjab-provinsie aangekeer toe 25 polisievoertuie en 14 regeringsgeboue aan die brand gesteek is. Die provinsiale owerheid in Punjab het ook die weermag ontplooi om betogers in bedwang te bring. Dit volg nadat die 70-jarige Khan Dinsdag by die hoërhof in die hoofstad Islamabad in hegtenis geneem is. Hy het verskyn op aanklagte van korrupsie, maar hy hou vol dat die aanklagte polities gemotiveerd is.