NSA: Handelstekorte duur voort
Namibië se handelstekort het in Maart met 1,8 miljard Namibiese dollar gestyg tot 2,2 miljard dollar, vergeleke met 453 miljoen dollar wat in Februarie aangeteken is, volgens die Namibiese Statistieke-agentskap. Uitvoer-verdienste het met 26,3 persent toegeneem van 8,1 miljard dollar wat in Februarie aangeteken is tot 10,2 miljard dollar in Maart. Invoere aan die ander kant het 12,4 miljard dollar beloop vir Maart, vergeleke met 8,5 miljard dollar wat in Februarie aangeteken is.