Eerste saak oor onwettige hout-oeste in Rundu-hof

Die eerste saak van onwettige hout-oeste vanjaar het in die Rundu-landdroshof voorgekom. Drie Namibiese mans is borgtog geweier. Die drie beskuldigdes, John Shininge, Paulus Leevi en Sebastian Sitwafa, is by Rundu in hegtenis geneem nadat hulle in besit gevind is van 76 houtplanke en ‘n hout-verwerkingsmasjien. Hulle kon nie ‘n permit verskaf wat hulle toelaat om hout te oes nie. Die saak is tot 25 Julie uitgestel. Nampol se waarnemende streeksbevelvoerder in die Kavango-Oos-streek, adjunk-kommissaris Eino Nambahu, het bevestig dat dit die eerste saak oor dié kwessie in die streek is.