Valke-hoof: De Ruyter wou nie met polisie vergader

Meer as duisend gevalle van moontlike wetsoortredings by Eskom word deur die Spesiale Ondersoekeenheid ondersoek. Verskeie wetstoepassingsagentskappe verskyn voor die parlement se staande komitee oor openbare rekeninge om bewerings van korrupsie, bedrog en misdaad-kartelle by die kragvoorsiener aan te spreek. Die voormalige uitvoerende hoof van Eskom, André de Ruyter, het vroeër vanjaar die bewerings in ‘n televisie-onderhoud gemaak. Die hoof van die Valke, Godfrey Lebeya, sê De Ruyter het geweier om na die onderhoud met die polisie te vergader.