NamPower skuld: Stad Windhoek sê dis weens wankommunikasie

Stad Windhoek het gereageer op die aankondiging deur NamPower dat hy beurtkrag op Groot Aub en Brakwater sal toepas as gevolg van uitstaande skuld. Die kragvoorsiener sê hy word meer as ‘n miljard Namibiese dollar geskuld wat teen 31 Mei betaalbaar is of beurtkrag begin in fases vanaf 5 Junie. Die woordvoerder van die Stad, Harold Akwenye, sê die skuld van 500 000 dollar is weens wankommunikasie.